Woord:
harmonie
Betekenis:
musikale sameklank; die samewerking van dele van dieselfde saak
Waar kom dit vandaan?
Die harmonie van vandag is ʼn skelm weergawe van een van die ouer betekenisse in Grieks: harmos het “gewrig, skouer” beteken. Omdat dié skouerskarnier en ander onderdele van die liggaam saam so glad gefunksioneer het, is dit as harmonieus beskou.
Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Ons plaas se naam is Harmonie. Rustig en vredevol.