Woord: harwar

Argieffoto

Woord:
harwar

Betekenis:
warboel; wanorde; deurmekaarspul; verwarring; dwarstrekkery.
in die/’n harwar erg deurmekaar/verward; in (’n) chaos: In die harwar is ouers en kinders van mekaar geskei. • Negatiewe gebeure soos stakings en kommer oor valutareserwes kan markte in ’n harwar dompel.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands harrewar (1867 – 1879), ‘n wisselvorm van geharrewar (1781) ‘kleingeestige getwis of gekibbel’. Nederlands harrewar is ‘n afleiding van harrewarren ‘kibbel, stry’, wat ‘n gedeeltelike reduplikasie is van warren ‘in verwarring kom’. Eerste optekening in Afrikaans by Kern (1890) in die betekenis ‘verleentheid’.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Tienie

Ek vergelyk die woord met “hals oor kop”