Woord:
harwar
Betekenis:
warboel; wanorde; deurmekaarspul; verwarring; dwarstrekkery.
| in die/’n harwar erg deurmekaar/verward; in (’n) chaos: In die harwar is ouers en kinders van mekaar geskei. • Negatiewe gebeure soos stakings en kommer oor valutareserwes kan markte in ’n harwar dompel.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands harrewar (1867 – 1879), ‘n wisselvorm van geharrewar (1781) ‘kleingeestige getwis of gekibbel’. Nederlands harrewar is ‘n afleiding van harrewarren ‘kibbel, stry’, wat ‘n gedeeltelike reduplikasie is van warren ‘in verwarring kom’. Eerste optekening in Afrikaans by Kern (1890) in die betekenis ‘verleentheid’.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ek vergelyk die woord met “hals oor kop”