Woord: heimwee

Argieffoto

In haar lied “Heimwee” sing Mimi Coertse: “O ek sien weer die son op die velde en die ewige blou daarbo; en my hart skiet vol van heimwee en my drome swem in my oë.” Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “heimwee”.

Woord:
heimwee

Betekenis:
1 sterk verlange na ʼn mens se tuiste: Heimwee het hom na sy geboorteland teruggedryf.
2 verlange na ʼn vroeëre omgewing/toestand of na wat jy as jou bestemming beskou: heimwee hê na die berge/see/vlaktes • heimwee hê na jou kinderjare.

Waar kom dit vandaan?
Nederlands heimwee uit Hoogduits Heimweh, ʼn samestelling van Heim “woonplek” en Weh “smart”.

Heimwee is dus ʼn Duitse leenwoord waarmee verlange of weemoed uitgedruk word.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Schalk ·

Heimwee – Die verlange na mooi ongeskonde gedagtes van emosionele mylpale of bakens in ons lewe wat die veilige hawe van ons gedagtes na terugverlang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.