Woord: hiëna

Argieffoto (Foto; tonyo_au, Pixabay)

Argieffoto (Foto; tonyo_au, Pixabay)

Woord:
hiëna

Betekenis:
aas- en vleisetende roofdier

Waar kom dit vandaan?
Persoonlike higiëne moet nooit verwaarloos word as jy nie daarvan hou om ʼn ‘vark’ genoem te word nie. Die borsel van tande, die was van die gesig en lyf, die kam van hare: dit alles is noodsaaklik.

Dit word nêrens so mooi geïllustreer as in die geval van die hiëna nie. Sy stinkende bek se tande word nooit geborsel nie, hy reën so af en toe nat, maar mens kry hom nie in ʼn watergat te sien nie. Hierdie verwaarlosing van sy persoonlike higiëne het gemaak dat die Grieke hom “vark” genoem het.

Grieks huaina het “swyn” beteken, afgelei van hus “vark”.

Onverstaanbaar dan, hoewel hulle aandele mettertyd (soos die wêreldekonomie) ʼn dubbeldaalresessie geslaan het, dat hulle deur die antieke Egiptenare aanbid is. Volgens die Romeinse natuurkundige Plinius die Ouere (23 – 79 n.C.) het die stinkende dier ook ʼn klippie in die oog gehad wat ʼn mens onder jou tong moes plaas: jy sou dan in staat wees om die toekoms te voorspel – die enigste reddende eienskap van die dier.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.