Woord:
hoender à la king
Betekenis:
hoendergereg met hoofsaaklik sampioene en groen soetrissies in ʼn roomsous
Waar kom dit vandaan?
Dalk het die koninklike naam van die gereg voete van klei. Dit is dalk oorspronklik hoender à la Keene genoem, na ʼn Amerikaner, JR Keene, wat in 1881 in Londen se Claridge-hotel tuisgegaan het net nadat sy perd ʼn groot wedren in Parys gewen het. Die naam van die sjef van die beroemde Amerikaanse Delmonico-restaurant, Charles Ranhofer, word genoem as aanspraakmaker. Hy sou dit dan in die vroeë 1890-erjare vir JR se seun, Foxhall Keene, geskep het.
Maar ʼn ander kok, George Greenwald, het ongeveer 1898 so ʼn gereg bedink vir mnr. en mev. E Clark King, die eienaars van die Brighton Beach-hotel in New York. Hulle was dol daaroor en volgens oorlewering het mev. King gevra dat dit permanent op die spyskaart moes verskyn. Volgens sommige nie-Franse Yanks is dit waar die la in die naam vandaan kom: la King (“die vroulike King”).
Plaas tog asb n resep hiervoor. Groot asb.
Ek sal graag die resep probeer. Dit lyk baie lekker.