Woord:
holderstebolder
Betekenis:
Iets holderstebolder doen beteken “iets oorhaastig doen”
Waar kom dit vandaan?
Volgens die Nederlandse woordeboeke is holderstebolder ʼn klanknabootsing van die geluid van iets wat aangerol kom. Die -bolder hou dan verband met bulder wat “raas, dreun” beteken het. In Nederlands het bol ook die betekenis van “kop”; dit sit in Afrikaans nog in ʼn woord soos krullebol. Daar is ʼn moontlikheid dat holderstebolder dan eintlik verwant is aan halsoorkop soos in halsoorkop iets doen. Waar dié woord eintlik “nek oor die kop” beteken, sê holderstebolder soortgelyk: “hol over bol”, wat in plat Afrikaans gat oor kop (slaan) geword het.
Taalgeleerdes, help asseblief! In watter sinsverband word die woorde ‘raak’ en ‘word’ gebruik? Ek bly in die Kaapprovinsie en ‘smaak’ my hier word die woord ‘raak’ in alle gevalle gebruik. Baie dankie – ek kyk uit vir jul verklaring.