Woord:
horte
Deel van die woordgroep met horte en stote
met horte en stote met skokke, rukke, vlae; ongereeld, ongelykmatig:
– Die kar ry met horte en stote oor die slegte pad.
– Hy werk so met horte en stote (net wanneer hy lus het).
– Met horte en stote aan die gang kom.
– ’n Storie met horte en stote lees/vertel.
– Die onderhoud het maar met horte en stote verloop, regtig nie een van daardie gemaklike geselsonderhoude nie (Estelle de Bruyn).
– Die ou tjorrie het maar met horte en stote beweeg as ‘n mens hom nog die slag aan die loop kon kry; ons vorder darem, al gaan dit maar met horte en stote; hy het hard gewerk met horte en stote (C.L. Leipoldt).
– Met horte en stote word die gebeurtenisse van die aand vertel (J.R.L. van Bruggen).
OOK:
hortend
[~e; hortender, die hortendste]
met rukke; rukkend; ongelyk: hortend asemhaal; hortend praat; Die eerste repetisie vir die konsert het maar hortend verloop.