Woord: iesegrimmig

Argieffoto (Foto: El Caminante/Pixabay)

Woord:
iesegrimmig

Betekenis:
Knorrig, nukkerig, nors.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands iezegrimmig, ‘n afleiding met –ig van iezegrim. Nederlands iezegrim (Middelnederlands Isengrîm) uit iser ‘yster’ en grime ‘masker’, met ander woorde ‘man met die ystermasker’ of figuurlik ‘gedugte teenstander’, oorspronklik die eienaam van die wolf uit die diere-epos Reinaert. Eerste optekening in Afrikaans by Du Toit (1908) in die vorm esegrimmig.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.