Woord: inkoejawel

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
inkoejawel

Betekenis:
(geselstrant) Erg onbevredigend; oes, agteraf, swak sleg; ook: inkokkewiet, inkastrol, inskottel, ingat: Die konsert was maar inkoejawel. Hy gedra hom soms inkoejawel. ʼn Regte inkoejawel vent. Moenie jou so inkoejawel gedra nie.

Waar kom dit vandaan?
Uitdrukking: inkoejawel wees (vrotsig, van min betekenis)
Moontlik ʼn versagtende samestelling van ingat en harde koejawel.

In die literatuur:
Kompleet ʼn vantoetse agterplaaskerk
net so inkokkewiet en net so inkoejawel
(Boerneef)

Herfsblaar se mense is ʼn inkoejawel lot bymekaar.
(Jeanne Goosen in ʼn Pawpaw vir my darling)

Natuurlik lag hulle vir dié inkoejawel toeris wat hom so sit en vergryp aan die Hollandse pannekoek en wafel! Enigeen kan seker sien dat sy oë tien maal groter as sy maag was.
(Helene de Kock in Skemerspel)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.