Woord: insek

Argieffoto (Foto: Josch13, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Josch13, Pixabay)

Woord:
insek

Betekenis:
ongewerwelde gogga met die liggaam in drie dele saamgestel

Waar kom dit vandaan?
Die antieke Romeine en Grieke het eers gesukkel om ʼn naam vir dié diertjie te kry. Aristoteles se voorstel het die manne aangegryp, naamlik insek. Dit het hy bedink toe hy mooi gekyk het na die drie dele waarin die ding verdeel is, asof daar insnydings tussen die kop, bors en agterlyf gemaak is (wat ʼn mens later ook van ʼn dame met ʼn bikini kon sê). Latyn insectum het letterlik “insny” beteken.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

christine ·

Het so een in Melkbostrand voor my deur gekry blaas homself op dan is hy so halfdeurskyned lig groen te oulik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.