Woord:
inspireer
Betekenis:
besiel
Waar kom dit vandaan?
Die antieke Griekse wysgeer Plato (428/427 – 348/347 v.C.) het gesê as die digter skeppend werk, hy deur die gode geïnspireer is. Dit het nie beteken dat een sy stilus of gansveer vir hom vasgehou het nie: inspirare het “asemhaal, inblaas” beteken en dit was die asem van die Muse wat in hom ingeblaas is.
Konspireer het beteken “saam asemhaal” – wat die lede van ʼn goeie sameswering figuurlik sou moes doen om hulle beplande dade geheim te hou.
Aspireer beteken om naarstig na iets te strewe, selfs so erg dat die rook bo jou harspan draai. Latyn aspirare het “blaas op iets” beteken – natuurlik met die hoop om jou wens vervul te sien. Die idee is dat jy eintlik na asem hyg in jou pogings.
Ten slotte (ook in die werklike lewe) ekspireer jy wanneer die asem jou vir oulaas verlaat (eks “uit”).
Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering