Woord: Jacuzzi

Argieffoto (Foto: TimeOut)

Woord:
Jacuzzi

Betekenis:
Borrelbad

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Italiaans-Amerikaanse uitvinder, Candido Jacuzzi (1903-1986), wat nie regtig die uitvinder was nie. Hy was ʼn ingenieur en het ʼn draagbare pomp ontwikkel om sy seuntjie wat aan rumatoïede artritis gely het, tuis in ʼn bad te kon behandel. In 1968 het Candido se kleinseun, Roy, die moontlikhede van ʼn kommersiële borrelbad ingesien en dit begin bemark. Hy sou later sê sy oupa het gedink hy was kranksinnig om die idee verder te probeer ontwikkel.

Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.