Woord: jakobjollie

Argieffoto (Foto: nmoshirts, Pixabay)

Woord:
jakobjollie

Betekenis:
dwarswal in ʼn pad

Waar kom dit vandaan?
Genoem na ʼn padinspekteur, Jakob Jolly, wat in die omgewing van Calvinia gewerk het. Die naam word in sekere streke ook op sinkplaatpaaie toegepas.

OOK:

Woord:
dodwieg

Betekenis:
dwarswal in ʼn pad

Waar kom dit vandaan?
Genoem na ʼn Wes-Transvaalse padinspekteur Douthwaite in die jare 1920. Die verbrouing van sy van is deels toegeskryf aan die -wieg omdat dit die beweging van ʼn voertuig oor so ʼn wal beskryf.

Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan ·

Ons het ook so een in die land, van oos na wes. Ons pad se naam is Jakob Zuma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.