Woord:
Juts
Betekenis:
s.nw. [jutse]
Ook juds
regter: Hier kom die Juds, hoe kwaai lyk sy gelaat! (Uys Krige).
b.nw.
1. Deftig, trots, spoggerig: Ewe juts ry. Hy ry nog so ewe juts, toe breek die veer.
2. Ongeërg: Hy sit so juts op my stoel.
Waar kom dit vandaan?
Verafrikaanste vorm van Engelse judge (1530). Eerste optekening in Afrikaans as selfstandige naamwoord by Pannevis (1880)
Uitdrukking(s)
Hulle is so ewe juts.
-Hulle is netjies op die plek. Eng. judge = regter. Juts = trots, paslik, netjies.
Hy sit jutsregop.
-Hy sit penorent.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Vertel my ab waar kom die woord “hek” vandaan. Engels is gate.