Woord: kannibaal

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
kannibaal

Betekenis:
mensvreter

Waar kom dit vandaan?
Die moderne betekenis van dié woord het niks met die oorspronklike te make nie.

Kannibaal het glad nie “mensvreter” beteken nie, maar was Christoforos Columbus (1451-1506) se verbrouing (caniba) van die naam van die Karibiese volk wat hulself Galibi “dapper manne” genoem het. Dit wil natuurlik nie sê dat hulle nie mense à la carte behandel het nie – smaak verskil immers.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.