Woord:
kanniedood
Betekenis:
1. (figuurlik) Iemand wat oud maar taai is of ‘n groot uithouvermoë besit: Hy is ‘n (ou) kanniedood; jy sal hom nie gou onderkry nie.
2. (figuurlik) Iets wat herhaaldelik opduik: Hierdie probleem is ‘n kanniedood.
3. Aalwynplant, Aloe variegata, met bonterige blare en rooi blomme, baie goed bestand teen droogte: Kanniedoods in jou rotstuin plant.
4. Enigeen van ‘n aantal ander aalwynagtige plante behorende tot verskillende plantkundige soorte, geslagte en families, ‘n talryke groep: As benaming wissel kanniedood die streek waar die bewuste plant voorkom.