Woord: kapot

Argieffoto (Foto: Engin_Akyurt, Pixabay)

Woord:
kapot

Betekenis:
1 Onbruikbaar as gevolg van oudheid of langdurige gebruik, verslete of stukkend: My tikmasjien, pen, grassnyer is al kapot. Hy ry nog altyd met sy kapot ou kar rond.
2 Aan die einde van jou kragte, baie moeg, uitgeput: Kapot wees ná ‘n lang reis, ‘n moeilike dag op kantoor, ‘n siekbed, ‘n uitputtende wedstryd. Jou kapot werk.

Waar kom dit vandaan?
Kapot kom uit die Frans capot, ʼn term in die kaartspel in die uitdrukkings faire capot, “kapot maak, al die pakkies wen”, en étre capot, “kapot wees, al die pakkies verloor”.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

erwin ·

interessante woorde !! op my program oor eiendomme op Pretoria fm het die woord bromponie en soldoedie ter sprake gekom . die woorde is deur Fanus Rautenbach geskep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.