Woord: karnallie

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
karnallie

Betekenis:
‘n Ondeunde, onnutsige persoon

Waar kom dit vandaan?
‘n Karnallie is volgens die woordeboeke ‘n “geslepe persoon’ deugniet, vabond”. Die ongunstige betekenis van “geslepe” is vandag net in Nederlands nog van pas en die uitdrukking word in Afrikaans gewoonlik in ‘n goedige sin vir ‘n vabond gebruik.

Die woord karnallie kom uit Frans canaille wat dit uit Italiaans canaglia (“hondegebroedsel”) gekry het en wat met Latyn canis (“hond”) verband hou. In albei dié tale het net die ongunstige betekenis bly voortbestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.