Betekenis:
fees met eetgoed en vermaak
Waar kom dit vandaan?
Oorspronklik was die karnaval nie sommer enige soort makietie nie, maar die kerklike Vasteaand, dit wil sê die aand voor Aswoensdag wanneer Katolieke die vastyd van Pase moes begin. Vandaar die Franse mardi gras wat letterlik “vet Dinsdag” beteken. Die Dinsdag was nie gewigtig nie: al die vet in die huis is opgeëet of weggemaak omdat vleis herinner het aan die kruisiging van die liggaam van Christus en dus verbode was. Dit alles om ons op ‘n dwaalspoor te bring: karnaval (Latyn carnem levare) het “vleis wegneem” beteken – om seker te maak dat jy jou daarvan weerhou. Ook: By karnavalle word dikwels kos soos kerrie-en-rys of ander vleisgeregte verkoop en jy kan dan gaan en vir jou vleis daar wegneem. Familie is karnaal “die resultaat van vleeslik veral op seksuele gebied”; karnivoor is ‘n vleiseter en inkarnasie “vlees-, menswording”.
Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering