Woord: kasaterwater

Foto: Maroela Media, Instagram

Foto: Maroela Media, Instagram

Woord:
kasaterwater

Betekenis:
Baie flou koffie/tee. Dié plek se koffie is skone kasaterwater.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leone ·

Kan daar asb meer inligting tov die herkoms van woorde ook gegee word? Bv. Waar kom die woord kasaterwater vandaan?

Sune van Heerden ·

Dagsê Leone

Dankie vir jou navraag! Taaltoffie publiseer definitief ook die herkoms van ‘n woord of ‘n idioom wanneer dit beskikbaar of bekend is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Babs Myburgh ·

Volgens Johanna de Wet se boek “Wat praat jy!” word die word kasater met flou tee vergelyk, afgelei van die woord slavaat, wat dun, flou koffie beteken. Die oorsprong weet ek egter nie, maar ek sou aflei dat dit half Nederlands slavaat, gekoppel met water (waarmee jy tee maak) afkomstig is. Sal graag julle opinies wil hoor.

Oupa ·

Kan die woord nie ook in ‘n ander vorm gebruik word, soos: “Sy redenasie is maar kasaterwater” nie?

Otter ·

Met hoër pryse van koffie en tee moet ons òf minder boeretroos neem òf maar kasaterwater neem.

Enen ·

Waar koop ek daardie blikbekertjie op die foto?! Hoe meer woorde beskikbaar is hoe beter!

Sune van Heerden ·

Dagsê Enen

Hou Maroela Media dop – jy gaan binnekort die lekkerste Maroela-produkte hier op ons webwerf kan koop (insluitend dié boereporselein!)

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.