Woord: keisersnee

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
keisersnee

Betekenis:
sny in die buikwand tot in die baarmoeder om ‘n baba tydens ‘n moeilike geboorte te verlos

Waar kom dit vandaan?
Wie sou die keiser wees waarna die chirurgiese proses verwys? Nieteenstaande al die bronne wat die Romeinse keiser Julius Caesar se geboorte met die ontstaan van die woord verbind (Engels caesarian section), is hy op natuurlike wyse gebore.

Dit is bekend dat daar in sy leeftyd (c. 100 – 44 v.C.) al sulke operasies gedoen is, maar die moeder het sonder uitsondering gesterf.

Latyn cæso beteken “uit die baarmoeder gesny”. Julius se moeder, Aurelia, was volgens geskiedskrywers ‘n groot invloed in sy lewe en is op ‘n rype ouderdom oorlede.

Caesar se roem was sodanig dat sy titel Caesar as Kaiser in Duitsland, tsaar in die Slawiese tale en gayşar in die tale van die Islamitiese wêreld oorgedra is.

Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.