Woord: kerjakker

Argieffoto (Foto: pezibear/Pixabay)

Woord:
kerjakker

Betekenis:
1 vrolik speel/rondhardloop/baljaar; iets sorgeloos geniet: Benewens die druk opvoedkundige program is daar darem ook ’n bietjie tyd vir uitspan en gewoon kerjakker. • Die voëltjies kerjakker, eet saad en drink water. • Die bakkie is hardwerkend en kragtig genoeg vir plaaswerk en mooi genoeg om in die dorp mee te kerjakker.
2 (informeel) losbandig te kere gaan: uitspattighede van ministers wat maande lank met ons belastinggeld in vyfsterhotels kerjakker.

Verwante woorde:
jakker, joel, jol, kattemaai, speel

Uitdrukking:
Hy kerjakker van vroeg tot laat.
-Hy leef plesierig en rits pal rond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.