Woord: Kersfees

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
Kersfees

Betekenis:
Fees ter herdenking van Christus se geboorte op 25 Desember.

Waar kom dit vandaan?
Kers in Kersfees kom uit Nederlands Kerst wat weer kom uit Krist of Christ (gespel soos die Engels) (vroeër uitgespreek met ‘n harde “K” klank wat ook die spelvorm met ‘n K verklaar) wat vroeër in Nederlands algemeen was vir Christus, ‘n Latynse woord.

Die Latynse Christus kom uit die Grieks christos wat “gesalf” beteken. Letterlik beteken Kersfees dus “Christusfees. Die eerste lettergreep van die woord Kersfees vertoon ‘n heel interessante vervorming van die naam Christus (J.J. Smith: Die Suiderstem, 24 Desember 1937)

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

Dankie vir die inligting, ek hoop almal lees dit en vergewis hulle van die betekenis en herkoms van die naam.

Stem

Gaan bietjie dieper in die saak! Jou hare sal lig as jy weet wat regtig die oorsprong van kersfees is…….ek sal een wenk gee, heidens!

Jan

Ek laat my nou verder oor hierdie saak uit. Daar is bloedweinig mense wat weet wat hier bo staan, hulle is al so oor die jare daarop gewys dat Kersfees eintlike ‘n heidense oorsprong het, dat hulle dit maar aanvaar het. Nou sien ek hier bo is maar minimaal mense wat hierdie artikel gelees het, so vyf of so mense, (wat ‘n skande) want as die mense na die opskrif kyk het hulle al klaar besluit dat hulle nie in die waarheid belangstel nie. Jesus het ook vir julle gesterf. Kom ek kap die spyker verder in, dan gee hulle… Lees meer »

Spioen

Nou hoekom versier ons dan ‘n boom?

Stem

Spioen, dit sal ek ook graag wil weet…..miskien kan Jan ons vertel?!!!