Woord: Kersfees

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
Kersfees

Betekenis:
Fees ter herdenking van Christus se geboorte op 25 Desember.

Waar kom dit vandaan?
Kers in Kersfees kom uit Nederlands Kerst wat weer kom uit Krist of Christ (gespel soos die Engels) (vroeër uitgespreek met ‘n harde “K” klank wat ook die spelvorm met ‘n K verklaar) wat vroeër in Nederlands algemeen was vir Christus, ‘n Latynse woord.

Die Latynse Christus kom uit die Grieks christos wat “gesalf” beteken. Letterlik beteken Kersfees dus “Christusfees. Die eerste lettergreep van die woord Kersfees vertoon ‘n heel interessante vervorming van die naam Christus (J.J. Smith: Die Suiderstem, 24 Desember 1937)

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jan ·

Dankie vir die inligting, ek hoop almal lees dit en vergewis hulle van die betekenis en herkoms van die naam.

Stem ·

Gaan bietjie dieper in die saak! Jou hare sal lig as jy weet wat regtig die oorsprong van kersfees is…….ek sal een wenk gee, heidens!

Jan ·

Ek laat my nou verder oor hierdie saak uit. Daar is bloedweinig mense wat weet wat hier bo staan, hulle is al so oor die jare daarop gewys dat Kersfees eintlike ‘n heidense oorsprong het, dat hulle dit maar aanvaar het. Nou sien ek hier bo is maar minimaal mense wat hierdie artikel gelees het, so vyf of so mense, (wat ‘n skande) want as die mense na die opskrif kyk het hulle al klaar besluit dat hulle nie in die waarheid belangstel nie.

Jesus het ook vir julle gesterf.

Kom ek kap die spyker verder in, dan gee hulle voor hulle is Christene en kapittel die media omdat daar kwansuis nie genoeg aandag aan plaasmoorde gegee word nie, ook onderaan berigte wat oor die stroping van renosterhoring gaan.

Kobus 4e ·

Jan, almal wat dit lees gee nie kommetaar nie. Party ken die waarheid en ander dink hulle ken die waarheid

Stem ·

Spioen, dit sal ek ook graag wil weet…..miskien kan Jan ons vertel?!!!

Kobus 4e ·

Jan lees bietjie hierdie.
http://www.simpletoremember.com/vitals/Christmas_TheRealStory.htm

Dan gaan dink jy oor die twee gode wat jy nie mag dien nie. Die banvloek ens. Die volk wat tengronde gaan oor die gebrek aan kennis
Nerens lees jy in die bybel dat kersfees (Die Geboorte ?? eintlik in en om Augustus gebeur) gevier moet word nie. Ons lees van die paasfees wat gevier moet word. Kyk bybels wat paasfees is, en kyk wat vandag daarvan gemaak word.
Goeie vrydag wat die offer gebring is, wat ons die kans op redding gee, en baie belangriker is, word gebruik om te hoer en te rumoer, ons weet mos wat gebeur met paas naweek.

Jan ·

Kobus, daar het nou al 25 mense hierdie artikel gelees, nie die kommentaar nie, vir julle wat dit nie verstaan nie. Trompie en die boksombende het meer aanhangers en lesers gehad.

Ek skaam my dat soveel mense Jesus en Kersfees verguis, dit voorhou as van die duiwel, maar interessant is hulle nou nie hier nie. Dalk so een of twee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.