Woord: keuwel

Argieffoto (Foto: cjhartz169/Pixabay)

Woord:
keuwel

Betekenis:
1a
 Op gesellige, genoeglike, gemoedelike, vertroulike wyse met iemand (mekaar) gesels; oor ditjies en datjies, oor koeitjies en kalfies praat; babbel: Hulle sit aangenaam rondom die vuurtjie en keuwel. Terwyl die vrouens koffie gemaak het, het die mans op die stoep oor die boerdery gekeuwel. ≈ Eendag het oom Jack… so ʼn heen-en-weertjie by oom Schalk aangegaan om oor die een en ander te keuwel (J.F. Jacobs).  Die styl is amper kroniekstyl, sag-keuwelend, tog steeds helder belangstelling-wekkend (Rob Antonissen).
b Argumenteer, stry; rusie maak — soms op sanikende wyse: Hy het knaend gekeuwel deur aan te voer dat hy nie regverdig behandel is nie. Wat staan en keuwel julle daar? ≈ Ek sou in elk geval nie ingewillig het dat jou pa kaart en transport van die plaas aan Frankie gee voor en aleer hy homself nie oortuig het en tevrede is met my rentmeesterskap nie; maar laat ons nou nie verder daaroor keuwel nie (Magda Boyce).
c (gewestelik) Vry, opsit: Hy en die nooi het tot laat gekeuwel. Opgawe uit Port Elizabeth.
2a Vriendelike, gesellige geluidjies, keuwelklanke maak, klankreeksies voortbring — van ‘n baba gesê: Die baba kan nog nie praat nie, maar hy lê al en keuwel. Die keuwelende baba lê tevrede in sy stootwaDie gekeuwelde klankies en geluidjies van ʼn baba is vir die ouers altyd ʼn bron van groot vreugde. Klein Willem keuwel en speel met takkies en grond hier by haar (Jochem van Bruggen).  Sy (klein Levina) lê gesond en keuwelend op ʼn kombers in die heerlike koelte (Jochem van Bruggen). Keuwelende toon, babbeltoon. Ook opgeteken in Franschhoek, Ceres, Hopefield, Richmond, Colesberg, die Vrystaat en aangegee in die Patriotwoordeboek.

Bronne: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.