Woord: kliënt

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
kliënt

Betekenis:
koper van goedere of dienste

Waar kom dit vandaan?
Oorspronklik was die kliënt iemand wat van jou afhanklik was: hy moes luister na en doen wat jy sê as hy vanaand by jou aan tafel wou sit.

In Romeinse tye is dié maat dan deur jou vertroetel en beskerm.

Latyn cliens was ʼn variasie van cluere “luister, volg, gehoorsaam”. Dit was die Franse wat die latere, hedendaagse betekenis van “kliënt” daaraan geheg het – en toe moes selfs die rykste sakeman hoor wat sy kliënt te sê het, want dié was altyd reg.

Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.