Woord: klinkstiebeuel

Argieffoto (Foto; carloscuellito87, Pixabay)

Woord:
klinkstiebeuel

Betekenis:
Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is “klinkstiebeuel” ʼn minder gebruiklike woord wat “goed en gemaklik, vlot” beteken. Dit word gewoonlik gebruik om die bewegingswyse van ʼn perd onder die saal te beskryf: Daardie hings van Daan loop darem maar klinkstiebeuel, nè? (F. Jaeckel in Huisg., 13 Okt. 1950, 23).

Uitdrukking:
Dit gaan klinkstiebeuel, uitstekend; dit gaan klopdisselboom: Dit (sekere uitdrukkings) is ʼn deel van die taal wat besig is om uit te sterf. Dit sal met die stadsmens nooit “klopdisselboom” of “klinkstiebeuel” kan gaan nie (Burg., 25 Jan. 1958, 2).

Bronne: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annie ·

Uitlands en duidelik ouwêrelds. Daar is genoeg mooi Afrikaanse terme wat in onbruik veval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.