Woord: kloek

Argieffoto (Foto: giallopudding, Pixabay)

Argieffoto (Foto: giallopudding, Pixabay)

Woord:
kloek

Betekenis:
1. (deftig; verouderend) Flink, skrander: ʼn Kloeke antwoord
2. Dapper: ʼn Kloek kêrel. ʼn Kloek krygsman.
3. ʼn Geluid maak soos ʼn hen wat haar kuikens roep – van hoenders en sekere voëls gesê: Die haan kloek vir die henne. Die hen kloek-kloek vir haar kuikens. Δ Uit klam ou Kaapse strate kom (die ou vrouens) saans / kloek-kloek in die strooi van die markplein skrop (DJ Opperman).

ook:

kloekheid
(deftig; verouderend)
1 Flinkheid.
2 Dapperheid. Die aanpak van elke dag eis klaar genoeg kloekheid, wat wil mens nou met jou toekoms gaan staan en bodder (Eben Venter)

ook

kloekmoedig
(deftig; verouderend)
Dapper, stoutmoedig, onverskrokke. Gedra u manlik, wees kloekmoedig (Ges. 75:1)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.