Woord:
knewel
Betekenis:
1. Iets of iemand wat baie groot of frisgebou is: Kyk so ‘n knewel van ‘n kêrel, vent. As hy met daardie knewels van hom slaan, lê ek na die eerste hou. ‘n Knewel van ‘n bosluis. ‘n Paar knewels van voete. ~Die hoofverpleegster was ‘n knewel van ‘n vrou met wit gestyfde hooftooisel soos die wieke van ‘n windmeuel. (Rachelle Greeff)
2. (nie algemeen) Baard op die bolip, snor: ‘n Knewel soos ‘n paar beeshorings.
OOK:
1. In boeie slaan: ‘n Geknewelde gevangene.
2. Die mond stop; verbied om (openlik) te praat: ‘n Geknewelde pers.