Woord:
knutsel
Betekenis:
1. jou besig hou met die maak van klein voorwerpies: Oupa knutsel graag met stukkies hout
2. knoeiwerk uitvoer: Aan ‘n hoenderhok knutsel.
OOK: knutselaar, knutselary, knutselbou, knutseling, knutselry, knutselwerk
Hy knutsel van vroeg tot laat maar rig nie veel uit nie.
-Hy is met nietige dinge besig, wat nie veel beteken nie.
[As liefhebbery, tydverdryf] klein voorwerpies, toestelletjies, dikwels met min waarde, vervaardig of klein takies, werkies, dikwels van min belang, verrig, meestal, vanweë die gebruik van geringe hulpmiddels, met baie oorleg, vindingrykheid en geduld, sodat ‘n indruk van amateuragtigheid, onbedrewenheid, peuterigheid gewek word