Woord: koeterwaals

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
Koeterwaals

Betekenis:
Onverstaanbare brabbeltaal; gebroke taal, kromtaal.

‘n Soort koeterwaals praat wat geen mens verstaan nie.
Nou skryf ek sotterny en koeterwaals. (Boerneef)

Koeterwaals word ook as die Afrikaanse vertaling vir “jargon” gebruik.

Waar kom dit vandaan?
Herkoms onbekend

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Robert Friedman ·

G.J. van Wyk (2003), Etimologiewoordeboek van Afrikaans, Stellenbosch (incl. Supplement uit 2007)

koeterwaals s.nw.
Onverstaanbare brabbeltaal.
Uit Ndl. koeterwaals (1866), wat verwys na die taal van die koeterwale (Wale, Franse of ander vreemdelinge) wat vir die Nederlander vreemd op die oor val en na gebroke Ndl. klink.
D. Kauderwelsch.

Jan van der Merwe ·

Uit wikipedia:

Het eerste gebruik van het woord koeterwaals werd gevonden in een schrijven van Bredero. Hij roept uit: O vreemde Hovaardy! die ons eyghen Lantingeboren een Revelduytsch, een krom-tongh en een Koeter-waal maackt! [1], wat slaat op het gebruik van niet-Duytsche woorden.

Het woord koeterwaals is afgeleid van het Duitse Kauderwelsch. De etymologie daarvan is niet zeker; mogelijk is het een verbastering van Churer Welsch, dat wil zeggen, de in Chur gesproken Romaanse taal. Welsch (en in België Waals) was de algemene term voor een Romaanse taal; in Chur is dat het Reto-Romaans, al wordt er tegenwoordig vrijwel alleen Duits gesproken. De term verwijst dus waarschijnlijk niet naar het Waals dat in een deel van Franstalig België gesproken wordt.

Elizabeth ·

Nog altyd ‘n grapperige woord vir my gewees. Maar dit rol so lekker op die tong, net soos kotteljons! Hoe ookal – ek sien gereeld mense koeterwaals skryf op die kommentaar-gedeeltes van Maroela en ander nuuswebwerwe! ;)

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.