Woord: kok

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
kok (-ke, -s)

Betekenis:
Persoon wat belas is met die voorbereiding van kos, veral een opgelei in die kookkuns: ʼn Kok dra graag ʼn hoë wit mus. Dit is verbasend hoeveel opgeleide koks mans is. Ook: sjef (uit Frans): Kok, veral hoofkok in byvoorbeeld ʼn restaurant: Die hotel se sjef maak die heerlikste disse.

Waar kom dit vandaan?
Uit Latyn, coquus (kok)

Uitdrukkings:
Te veel koks bederwe die bry (nie algemeen): om raad van te veel mense te volg, is skadelik
Honger is die beste kok: as ʼn mens honger is, smaak alle kos lekker
As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly: as samesweerders baklei, verklik hulle mekaar
Dis nie almal koks wat lang messe dra nie: uiterlike vertoon is geen waarborg van bekwaamheid nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hannelie ·

Oe, darem ‘n lelike woord: “koks”! Ja, ek weet dit is nie verkeerd nie, maar “dit val nie lekker op die oor nie”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.