Woord:
komkommer
Betekenis:
langwerpige, silindriese groentesoort (Cucumis sativus) met ’n donkergroen skil en liggroen binneste, gewoonlik rou in slaai geëet: ◊ Plesier is nes ’n jong komkommer: / As jy hom pluk, verlep hy sommer (F.W. Reitz).
Uitdrukkings:
- Ek is komkommer, druk op my nommer, dan kom ek sommer.
– Gesê van iemand wat lewendig van aard is, wat gou op iets reageer - Hy dra sy komkommer alleen.
– Hy aanvaar sy eie verantwoordelikhede. - Sy is so koel soos ‘n komkommer.
– Sy is baie kalm en glad nie ontsteld nie. - Plesier is nes ‘n jong komkommer; as jy hom pluk, verlep hy sommer.
– Vroeg ryp, vroeg rot. - Dit was sommer-sommer, verlepte komkommer.
– Dit was oninteressant. - Hy probeer my ‘n kalbas vir ‘n komkommer gee.
– Hy probeer my mislei. - Hy is so dood soos gekookte komkommer.
– Hy is morsdood. - Sy lyk so vars soos ‘n groen komkommer.
– Sy lyk vars en fris. - Hy saai daar komkommers.
– Hy is verlief op ‘n meisie daar.
Ek wonder of van die uitdrukkings nie tydens die skryf van die artikel uitgedink is nie.