Woord:
konfetti of confetti
Betekenis:
gekleurde papiersnippertjies waarmee ’n bruid en bruidegom bestrooi word
Waar kom dit vandaan?
Italiaans confetto, Latyn confectum, oorspronklik klein koekies en versuikerde vrugte en neute wat narre by karnavalle rondgestrooi het