Woord: koningmaker

Argieffoto (Foto: talpeanu, Pixabay)

Woord:
koningmaker

Betekenis:
1 Iemand wat deur sy mag en invloed ‘n ander persoon tot koning kan maak.
2 Iemand wat oor die vermoë beskik om ‘n ander in ‘n leiers- of magsposisie te plaas: Die EFF sal die koningmaker wees waar koalisies nodig is en kan in sommige gebiede ’n mederegeerder word (Netwerk24, 15 Julie 2016).

Waar kom dit vandaan?
Die woord is vir die eerste keer gebruik ten opsigte van Richard Neville (oorlede 1471), graaf van Warwick wat verantwoordelik was vir die onttroning van koning Henry die Sesde en sy vervanging deur koning Edward die Vierde. Hy was ontsaglik ryk en het baie invloedryke en magtige mense geken.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.