Woord: konkoksie

Argieffoto (Foto: ritae/Pixabay)

Woord:
konkoksie

ʼn Konkoksie kan ʼn vloeibare mengsel wees, berei uit verskillende bestanddele, soms van twyfelagtige aard en soms met ʼn geheimsinnige werking, ʼn soort doepa wat iemand dalk gebruik in die hoop dat dit een of ander kwaal sal genees.

ʼn Mens kry konkoksies vir maagpyn, hoofpyn, en so meer. ʼn Konkoksie kan ook ʼn alkoholiese drankie wees wat uit verskillende drankies gemeng is, soms van twyfelagtige of skadelike aard.

Of ʼn konkoksie kan ʼn gereg wees wat haastig uit ʼn verskeidenheid bestanddele saamgeflans is.

Figuurlik kan die betekenis van die woord konkoksie uitgebrei word om te verwys na enige saak wat uit verskillende dele saamgestel is. “Die vergadering was ʼn konkoksie van verskillende partye uit die landbou, die musiekwêreld, die onderwyswêreld”, en so meer.

Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.