Woord: konstabel

Argieffoto (Foto: aitoff, Pixabay)

Argieffoto (Foto: aitoff, Pixabay)

Woord:
konstabel

Betekenis:
polisieman van die onderste rang

Waar kom dit vandaan?
ʼn Paar eeue gelede was die konstabel in Engeland en Frankryk ʼn militêre offisier van die staat. Hy is die comes stabuli genoem, letterlik die “graaf van die stal”, maar verhef tot “meester van die perd” wat ʼn hoë rang was. Hy was ook die hoofroskammer. Sy oorspronklike titel “stalgraaf” ontwikkel in die Nederlande vroeg reeds tot “opperbevelhebber”, maar dit is later op mindere range toegepas.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KLEIN ·

Deesdae moet dit verander word na ONKEPABEL hulle is nie meer instaat om iets onder die naam konstabel uit te voer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.