Woord: korswel

Argieffoto. (Foto: Ben White/Unsplash)

Woord:
korswel (met korswil as wisselvorm)

Betekenis:
“Korswel” is wanneer iemand op ʼn moedswillige of skoorsoekerige wyse grappe maak, oftewel met iemand gekskeer. Dit kan as selfstandige naamwoord of werkwoord gebruik word.

Waar kom dit vandaan?
Volgens die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) kom “korswel” as selfstandige naamwoord uit die Nederlandse kortswijl, wat van die Middelnederlandse cortwile afkomstig is. Die werkwoord se wortels lê ook in Nederlands waar dit uit kortswijlen afgelei is. Mansvelt het die woord in 1884 in die vorm korswil opgeteken.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT),

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.