Woord: kougom

Argieffoto (Foto: Gisela Merkuur/Pixabay)

Woord:
kougom

Betekenis:
soort lekkergoed waaraan jy lank (kan) kou sonder om dit in te sluk

ʼn Taai, plastiese soort lekkergoed, versoet en gegeur, wat aanhoudend gekou maar nie ingesluk word nie, en oorspronklik gemaak is van chicle, die gedroogde, gesuiwerde melksap van Achras sapota, ʼn boom van Sentraal-Amerika: ʼn Borrel blaas met gekoude kougom. Vandag verkies die meeste kougomvervaardigers sintetiese rubber as basis. Verder bevat kougom ook harpuis, waks, olie en sagmaakmiddels (Tegniek, Mei 1971, 16). In Amerika word skoonmakers voltyds in diens gehou om uitgediende kougom van mure, sitplekke en vloere te verwyder (Suidwester, 11 Julie 1974, 2).

Waar kom dit vandaan?
Uit kou en gom, as leenvertaling van Amerikaanse Engels chewing gum (1850)

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.