Woord: kriewelkrappers

Argieffoto

Woord:
kriewelkrappers

Betekenis:
fiemies, grille, eienaardighede: [Die] kriewelkrappers kry
(1) omgekrap, ontstemd raak: Baie koerantlesers of radioluisteraars kry die kriewelkrappers oor die een of ander woord of uitdrukking in ons nuusdiens (S.P.E. Boshoff in Transvaler, 10 Mei 1958, 4)
(2) bang word, koue rillings kry: Toe ek vanmôre die twee yslike rewolwers by die polisiekantoor sien … het ek kriewelkrappers oor die hele lengte van my rug gekry (Burger, 25 Jul. 1927
OOK: Dit op jou senuwees hê; gespanne, onseker, vol kwellings wees: Die kriewelkrappers en die vyselstampers (die vyselstampers en die kriewelkrappers) hê

Uitdrukkings:
Hy het die kriewelkrappers en vyselstampers.
-Hy is uiters senuweeagtig.
As jy hom terg, kry hy die kriewelkrappers.
-Hy raak humeurig; omgekrap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarah ·

Dis nou n oulike woord. Altyd gewonder wat is “heebie-jeebies”in Afrikaans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.