Woord: Krismisboks

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
Krismisboks (selfstandige naamwoord)

Betekenis:
(geselstaal) Kersgeskenk

Waar kom dit vandaan?
Uit Krismis en boks, as leenvertaling van Engels Christmas box (1668 – 1712).
Eng. Christmas box het oorspronklik verwys na ‘n erdehouer met ‘n gleuf aan die een kant, waarin vakleerlinge voor Kersfees geldelike bydraes bymekaargemaak het. Sodra die houer vol was, is dit gebreek en die inhoud onder die vakleerlinge verdeel. Later is dié naam oorgedra op die presentjies wat posmanne, ens. tydens Kersfees van die huiseienaar gevra het. Gaandeweg het dit sinoniem met Kersgeskenk geword.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.