Woord: kwartier

Argieffoto (Foto: Robert-Owen-Wahl/Pixabay)

Woord:
kwartier

Betekenis:
1 vyftien minute: Waar draai jy so? Ek wag al ’n kwartier vir jou.
2 elk van die twee skyngestaltes van die maan, tussen nuwe en volmaan, en omgekeerd: eerste/laaste kwartier.
3 [gewoonlik meervoud] plek waar soldate gehuisves word: Die soldate het vanoggend hul nuwe kwartiere betrek.
4 (meer gebruiklik ten opsigte van Europese stede) stadswyk: In watter kwartier woon hy? • Die romantiek van ’n ou kwartier.
5 (heraldiek) elk van die vier (of meer) vakke/gedeeltes van ’n wapenskild.

Waar kom dit vandaan?
(Engels: “quarter”)
Ons kry die woord uit Nederlands, wat dit via Frans uit Latyn (“quārtārius”) gekry het. Dit beteken “vierde deel”.
Waar dit tyd aandui, is dit ʼn verkorting van “kwartier uur”, dit is nie ʼn ontronding van “kwart uur” nie.

Bron: HAT/WNT

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.