Woord: laatlammetjie

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
laatlammetjie

Betekenis:
Kind wat gebore word as die moeder nie meer so jonk is nie, en meestal geruime tyd nadat die ander kinders gebore is: Op die afdraande pad tussen vyftig en sestig kan ‘n vrou aan haar laatlammetjie wél al haar liefde gee (CGS de Villiers).

OOK:
Woord:

nakomertjie of nakommertjie

Betekenis:
Jongste kind wat aanmerklik later gebore is as die ander kinders van ‘n gesin; laatlammetjie

OOK:
Woord:

heksluiter(tjie)

Betekenis:
1. Iemand wat die hek toemaak as ‘n mens, bv. op ‘n plaaspad, daardeur gery het.
2. Laaste van ‘n reeks, groep, geselskap
3. Jongste kind in ‘n gesin; tropsluitertjie, laatlammetjie: Kom hier, dat ek vir Tannie wys hoe groot ons ou heksluitertjie al is.

OOK:
Woord:

tropsluitertjie (skertsend)

Betekenis:
Laaste kind; Benjamin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adam Willemse ·

Ek ken ook die uitdrukking hy was ‘n oorstootdrie in beseringstyd.

Belle ·

Dis nie ‘n laatlammetjie nie….. Dis meer ‘n “Nalatige Lammetjie” Ek het ook so enetjie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.