Woord: laatontbyt

Argieffoto (Foto: My Luu/Pixabay)

Woord: laatontbyt

Maaltyd wat laat in die oggend geëet word as ’n kombinasie van ontbyt en middagete; sinonieme noenbyt, noenontbyt’n Laatontbyt word by die Administrateurswoning gehou ten bate van Uskor (Die Burger, 17 November 1992, 7). 

Woord: noenmaal

Deftige middagete, gewoonlik as wyse van onthaal; ook soms, gewone middagete: Op ’n noenmaalonthaal, trakteer, vergas. 

Woord: noenontbyt

Laatontbyt: Die modevertoning is voorafgegaan deur ’n noenontbyt met vonkelwyn (Paratus, Desember 1986, 49).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.