Woord: lawaaiwater

Argieffoto (Foto: Pezibear/Pixabay)

Woord:
lawaaiwater (skertsend)

Betekenis: Sterk drank, veral brandewyn; sinoniem raaswater (ongewoon): Nie sommer flou lawaaiwatertjies nie, a nee a, dit is regte kettingblits wat soos ‘n fontein se oog in die bekertjie kook (D. Mostert: Spektakels3, 1945, 10).

In ‘n ou bron: Oom Jan maak ‘n snapsi, en meer met hom, wat oek lus het fer di lawaai water (Ons Klyntji, Desember 1897, 228).

Woord:
polisiekoffie (skertsend)

Betekenis:
brandewyn: Hy’s drie treë voor die drankkabinet by my verby, maar ek het nie omgegee nie. Trouens, ek is toe daar uitasem langs die drankkabinet, en ja, toe verander ek sommer ons ou koffietjies na ‘n dubbel polisiekoffie (Volksblad, 22 Augustus 2016, E).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.