Betekenis:
verhaal wat op volksoorlewering berus; randskrif op ‘n munt
Waar kom dit vandaan?
Legendes is mondeling oorgedra lank voordat mense kon lees en skryf. Die kullery hier is dat die woord eenvoudig beteken: “iets wat gelees moet word”.
Vroeër was dit iets wat tydens die erediens in ‘n kerk gedoen is. Die verhale van die lewe van die heiliges en martelaars is legendes genoem omdat hulle gelees is en daarby dikwels gelees is. Aandikking en ‘n liefde vir die wonderlike gebeure het dié verhale so oorheers dat die woord legende naderhand “onwaar” of minstens “gebaseer op ‘n tradisie” beteken het.
Die legende op die kant van ‘n munt moet gelees word bloot om seker te maak dat jy nie met jou kleingeld ingeloop is nie.