Woord: Lekkerbek

Woord:
Lekkerbek

Betekenis:
I s.nw. Persoon wat baie lief is vir lekker eet en drink en dikw. ook in dié verband erg kieskeurig is: ‘n Land se kookkuns kan nooit eintlik beoordeel word volgens wat aan die lekkerbek in hotels voorgesit word nie (C.L. Leipoldt: Polfyntjies, 1963, 25).
•Ook fig.: Vir die huidige word die smaak en grille van die lekkerbek in die motorbedryf bevredig (Oosterlig, 26 Okt. 1972, 12). • Ook soms van diere gesê: Olifante (is) lekkerbekke en (sal) honderde kilometer ver agter ‘n lekkerny trek (P.J. Schoeman: Afr.-vriende 1, 1975, 46). II b.nw. (minder gebruiklik) Lekkerbekkig: Die skape het sommer gou lekkerbek begin word (Volksblad, 29 Jun. 1970, 4).

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.