Woord: loods

Argieffoto

Argieffoto

Gebruikers van Afrikaans trap gewoonlik klei met die woord “loods” en dit word deesdae oral, hoofsaaklik in die verkeerde betekenis, gebruik.

Woord:
loods

Gebruik:
Die selfstandige naamwoord loods word gebruik vir die persoon aan die stuur van ‘n skip, asook vir ‘n skuur, pakhuis en ‘n staanplek vir vliegtuie (Engels: hangar).

Die werkwoord loods het ‘n beperkte betekenis in die sin van ‘n loods wat ‘n skip deur moeilike of gevaarlike waters, soos by die ingang van ‘n hawe, stuur. By vliegtuie word die stuurwerk deur ‘n vlieënier gedoen.

In figuurlike sin word die werkwoord deurloods gebruik wanneer byvoorbeeld ‘n wetsontwerp ingedien en ondanks teenstand en besware tot in die wetboek deurgevoer word.

launch a boat: ‘n skip te water laat of van stapel laat loop
launch a space craft: ‘n ruimtetuig lanseer/afskiet
launch (a project/programme/book): ‘n veldtog begin, aan die gang sit/hou, van stapel stuur, aanvoor, op tou sit, organiseer, onderneem of reël; of boeke bekend stel [NIE: loods].

Afskop en van stapel stuur, van stapel laat loop moet nie oorbenut word nie.

Afskop: In rugby en sokker begin ‘n wedstryd wanneer die bal afgeskop word. (Gedurende die wedstryd word dit ingeskop.) ‘n Veldtog of fees begin of neem ‘n aanvang, en iets anders word ingelui; minder formeel kan dit wegspring/wegtrek of afskop. Afskop kan maklik ‘n cliché word, wat vermy moet word.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R350-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.