Woord: madeliefie

Argieffoto (Foto: Hans, Pixabay)

Woord:
madeliefie

Betekenis:
plant met blomme waarvan die blaartjies in ʼn straal gerangskik is; die bekendste voorbeeld is waarskynlik die Barbertonse madeliefie

Waar kom dit vandaan?

Moontlik genoem na die Maagd Maria, maar in ʼn vervorming van Nederlands Maria lieve of maghet lieve, albei ʼn verwysing na die “liewe Maria” of “liewe Maagd”. (In ouer Nederlands was maghet die woord vir maagd.)

Daar is dikwels vaagheid en verwarring in die taalkundige name van plante (in teenstelling met die plantkundige taksonomiese stelsel wat hopelik minder wollerigheid bevat sedert Linnaeus dit ontwerp het).

Die madeliefie is die daisy in Engels en dié is die marguerite in Frans. Hoewel dié naam na dié van ons margrietjie/magrietjie lyk, is dit beslis nie dieselfde blom nie. In Engels is die marguerite die ox-eye daisy – daar is dus darem ʼn familietrek êrens. Die Engelse daisy maak meer sin. Dit is die vervorming van die Oudengelse daeges eage, dit wil sê “day’s eye”, omdat die blom soggens oopgaan en die binneste geel gesien kan word wat aan die opkomende son herinner.

Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.